KLEUTERPRET KLEUTERSKOOL (LYTTELTON & MOREGLOED)

Waar elke maatjie belangrik is en leer deur speel, lekker werk en lag :)

KLEUTERPRET MOOT (NG KERK MOREGLOED)

KLEUTERPRET MOREGLOED is nou oop en het plek vir babas en kleuters ouderdom 4 maande tot 5 jaar, kom loer gerus in vir meer inligting. Vir 'n afspraak kontak Giona @ 083 611 8514.



FOOIE 2024 - KLEUTERPRET LYTTELTON

R3400.00 vir alle Kleuterpret maats

R2850.00 per kind vir 2 of meer kinders

R500 jaarlikse registrasie


FOOIE 2024 - KLEUTERPRET MOREGLOED

R2500.00 (Alle ouderdomme van 4 maande tot 5 jaar)

R2200.00 per kind vir 2 of meer kinders

Geen registrasie vir 2024


Fooie is betaalbaar oor 12 maande, indien u verkies om u kind se fooie binne 11 maande te vereffen sal die fooie verskil van bogenoemde.

Jaarlikse verhoging is nooit meer as 10% vd huidige skoolfonds.


Skoolfooie sluit ALLE maaltye, skryfbehoeftes en benodighede* in. U pak slegs 'n sakkie met 'n waterbottel, sonskerm, hoed, 'n spaar stel klere en u stuur 'n kussing en kombers, wat weekliks huis toe gaan vir 'n was.

* Benodighede sluit nie doeke, wipes, boudjiesalf of formula in nie. 

SKOOL TYE 

Kleuterpret Kleuterskool is oop Maandag tot Vrydag, 6:45 vm tot 17:30 nm, ons is gesluit op publieke vakansie dae en naweke. 

Kleuterpret Kleuterskool sal gesluit wees vanaf 13 Desember 2024 om 12 en heropen op 6 Januarie 2025. 


ONDERRIG

Kleuterpret Kleuterskool volg 'n vasgestelde kurrikulum wat beskik oor 36 temas wat relevant is tot die leefwêreld, ouderdom en belangstellings van die voorskoolse leerder.

Ons onderrig is in Afrikaans en ons fokus op geletterdheid; gesyferheid en lewensoriëntering vir die voorskoolse leerder.

BELANGRIKE GELEENTHEDE & BUITEMUURS

Ons geniet jaarliks die volgende belangrike geleenthede:

Ouma & Oupadag, Skoolfoto's, Konsert & Atletiek.


Buitemuurs word Januarie bepaal vir die jaar na al die demo's. Gewoontlik is daar 'n keuse tussen rugby, krieket, drama, dans, kook en musiek.